Soep-Recepten.nl

Soep - Recept Kerrie boterpompoensoep


  • Ingredienten:
1 kg botterpampoen, geskil en in blokkies gesny -
1 liter hoenderaftreksel -
30g botter -
1 fyngekapte groot ui -
2 koppies opgesnyde knopiesampioene -
1 eetlepel matige tot medium kerriepoeier -
20ml koekmeelblom -
2 teelepels sagte bruinsuiker -
Knippie borrie -
1 maat brandewyn -
150g natuurlike joghurt
  • Beschrijving:
Stowe botterpampoen in hoenderaftreksel tot gaar.
Smelt botter in 'n pan en braai die ui & sampioen daarin to sag.
Voeg meel & kerriepoeier by die ui-mengsel & roer oor lae hitte vir ongeveer 4 minute.
Voeg die ui-mengsel by die botterpampoen & bring sagkens tot kook.
Puree as jy 'n gladde sop wil he.
Voeg sout, swartpeper & bruinsuiker by.
Roer die joghurt en brandwyn by, maar moenie laat kook nie.
Bedien warm
(Genoeg vir 4 - 6)

Reacties op Kerrie boterpompoensoep

  • Nog geen reacties op dit recept...
Plaats een bericht:
Naam:
Email:
Anti spam:
1+1=?
Bericht: